Abs are not made in the gym, they are made in the kitchen

1. Oefen maagspiere nie meer as drie keer per week. Onthou: Maagspiere kan soos enige ander spier ooreis word en sal dan nie ontwikkel nie (as voorbeeld kan genoem word dat jy nooit twee dae na mekaar sal squat nie).

2. Oefen die boonste en onderste maagspiere. Alle crunches is vir die boonste maag en oefeninge waar die bene gelig word is vir die onderste maag.

Die volgende oefeninge kan by die huis met die minimum fasiliteite gedoen word:

Oorkruis crunches, side crunches, bal oor kop, fietstrap op rug en crunches op bal.

In die gim kan verskillende apparate vir crunches en die hanging leg raise apparaat vir die onderste maagspiere gebruik word.

3. Trek maagspiere so hard as moontlik saam wanneer in crunch posisie.

4. Bly vir ‘n sekonde of twee in crunch posisie terwyl crunches gedoen word.

5. Konsentreer tydens oefening op kwaliteit en nie kwantiteit. Oefen dus met maksimum konsentrasie en gebruik gewigte.

6. As jy ‘n six pack wil kry kan al die harde gimwerk tot niet gemaak word deur verkeerde eetgewoontes. Verkeerd eet sal veroorsaak dat jou six pack deur ‘n vetlagie weggesteek word. Sluit die volgende in jou eetplan in: Oats, vleis (2/3 wit en 1/3 rooi), eierwitte, baie groente, slaai, een vrug ‘n dag, bruin rys, baie water. Geen groot etes na donker nie.

7. Doen twee tot drie keer per week kardio. Dit sal help om die ekstra kalorië te verbrand.

8. Onthou dat ‘n liggaam met ferm spiere meer energie verbrand as ‘n liggaam met pap spiere. As ‘n riglyn word gesê dat 1kg ferm spiere 100 ekstra kalorië per dag verbrand. Weerstandoefeninge (vir bene, bolyf, maag en rug) moet dus deel van jou oefenprogram wees.

9. Eet liewers 6 klein maaltye per dag as 3 grotes.

10. Vermy lekkergoed, koeldrank, sappe, koffie en alle drank.

Abs are not made in the gym, they are made in the kitchen